Action Society eis ook polisieminister, nasionale kommissaris se afdanking

Die burgerregtegroep, Action Society, sê vandag se misdaadstatistiek vir die derde kwartaal van 2021/2022 in die buurland, behoort President Cyril Ramaphosa genoeg rede te gee om die nasionale kommissaris, Khehla Sitole en die minister van polisie, Bheki Cele, af te dank. Die stigter, Ian Cameron, sê verkragtingsake het in hierdie tydperk met ‘n kommerwekkende 18 persent toegeneem en 352 kinders is binne slegs drie maande vermoor. Cameron sê indien herstrukturering nie in die polisie plaasvind nie sal gemeenskappe in die komende jare ongekende geweld ervaar.