Tien pasassiers vermis na veerboot aan die brand slaan

Byna al die passasiers en bemanning is veilig nadat ‘n veerboot aan die brand geslaan het gedurende ‘n vaart tussen Griekeland en Italië. Slegs drie persone is beseer en ongeveer 300 is gered. Tien mense word egter steeds vermis. Internasionale nuusagentskappe berig die Euroferry Olympica, wat vaar onder die Italiaanse vlag, het vertrek vanaf Igoumenitsa in die weste van Griekeland onderweg na die Italiaanse hawe, Brindisi. Die brand het op die vaartuig uitgebreek naby die eiland Corfu in die Ioniese See.