DA eis polisieminister se afdanking

Die DA sê die misdaadstatistieke wat vandag vrygestel is dui weereens daarop minister Bheki Cele is nie in staat om die ministerie van polisie te regeer nie. Die DA sê die 2020/2021-jaarlikse verslag sê daar is slegs een polisiebeampte vir elke 413 burgers. Okkie Terblanche van die party sê Cele se ondoeltreffendheid het Suid-Afrikaners se lewens gekos en toegelaat dat misdaad floreer. Terblanche voeg by die party doen ook ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa om die minister af te dank na die kommerwekkende misdaadstatistieke.