Ace Magashule se appèl van die hand gewys

Die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg het die geskorste ANC sekretaris-generaal, Ace Magashule, se aansoek om verlof tot appèl teen sy skorsing uit die party van die hand gewys. Die 54ste ANC-konferensie het besluit partylede wat aanklagte van bedrog en korrupsie in die gesig staar, moet uit hul amp tree. Hy is in Mei vanjaar as sekretaris-generaal van die ANC geskors. Magashule het daarna die hof genader om sy skorsing te herroep.