Oud-Springbok-afrigter Peter de Villiers is nou politikus

Die voormalige Springbok-afrigter Peter de Villiers is deesdae ‘n politikus. Die GOOD party se leier, Patricia de Lille, het hul agt burgemeesterskandidate vir die komende plaaslike regeringsverkiesing bekend gemaak. De Lille sê De Villiers is ‘n gebore leier en is bekend met die druk wat verwagting skep. De Villiers het die Bokke vanaf 2008 tot 2011 afgerig. Die span het in hierdie tydperk 30 van sy 48 wedstryde gewen.