ACC waarsku bedrieërs…

Die Teenkorrupsie-kommissie van Namibië waarsku die Namibiese publiek en staatsamptenare om nie deel van korrupsie te wees nie. Dit volg nadat ‘n senior politieke analis in die ministerie van werke en vervoer, saam met twee kassiere van ‘n vulstasie op Okahandja, in hegtenis geneem is in verband met korrupsie. Hulle het glo onregmatige transaksies van 80 000 Namibiese dollar op die regeringvloot se brandstofkaart tussen Februarie en Maart gedoen. Hulle het in die Okahandja-landdroshof verskyn en bly in aanhouding. Hul saak is tot 10 Mei vir formele borgtogaansoek uitgestel. Die kommissie se kommunikasiebeampte, Josephine Nghituwamata …