Basson sê oor Kleine Kuppe dagga

Die Nampol bevelvoerder vir Khomas, kommissaris Ismael Basson sê die waarde van die dagga wat in ‘n kweekhuis in Kleine Kuppe in Sprokieswoudstraat gevind is, is nog nie bepaal nie. Daar was volgens berigte ook ‘n laboratorium op die eiendom ingerig. Een man is in hegtenis geneem en sal waarskynlik volgende week in die hof verskyn. Kommissaris Basson het sy waarskuwing aan oortreders so verwoord.