Werkers moet deur vakbonde eerlik onderhandel

Die arbeidsminister, Utoni Nujoma, het Namibiese werkers aangemoedig om hul in te lig oor hul regte en watter beskerming die land se arbeidswet hulle kan bied. In sy Werkersdagboodskap meen hy dat indien werkers in staat is om met hul werkgewers te skakel deur gesonde, demokratiese vakbonde, hulle beter lone, diensvoorwaardes en ‘n algehele beter lewenstandaard sal behaal. Hy sê Namibië se werksomgewing stem nie ooreen met die visies en beginsels wat in die land se wette uiteengesit is nie en verder dat beide werkgewers en vakbonde nie altyd ‘n positiewe bydrae maak nie. Hy het ook sy kommer uitgespreek oor werkers wat baie lae lone verdien en geen beskerming vir hul gesondheid of veiligheid het nie. Werkersdag word Sondag, wêreldwyd herdenk.