Aanpassings aan skoolkalender raak nie privaatskole nie

Die Namibiese onderwysministerie het aanpassings aan die skoolkalender gemaak. Die kort vakansie is geskuif na 3 tot 7 Oktober en die tuisnaweek vir koshuisleerders is nou op 4 November. Die laaste skooldag vir leerders is op 7 Desember. Die voorsitter van die Privaatskole-vereniging van Namibië Colette Rieckert sê dit raak nie privaatskole nie.