Beurtkrag kos SA R600 miljard, die jaar

Die buurland se beurtkrag bly in die nuus. Eskom sê hy sal voortgaan met fase vyf-beurtkrag, met die moontlikheid om teen vandag een fase te verminder. Volgens data het Suid-Afrika 1 677 uur se beurtkrag gehad vergeleke met verlede jaar se 1 153 uur en 844 uur in 2020. Ted Blom, ‘n energie-ontleder in Suid-Afrika, gesels met Kosmos 94.1 Nuus en sê die koste van die beurtkrag beloop 600 miljard Suid-Afrikaanse rand.