Dippenaar se regspan vra vir kondonasie in appèlsaak
Jandré Dippenaar se regspan sal vandag ‘n kondonasie aansoek in sy appèlsaak bring na hoofargumente nie op tyd ingedien is nie en hy verbied is om te pleit, ingevolge die reëls van die hof. ‘n Lang verklaring verduidelik die vertraging. Dippenaar wil appelleer teen sy vonnis van 15 jaar vir ‘n botsing wat hy in 2014 […]
Karan Beef geloof vir vinnige optrede
Die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee oor landbou het sy kommer uitgespreek oor die uitbreking van bek-en-klouseer by Karan Beef se voerkraal in Heidelberg. Daar is tans 120 000 beeste by die voerkraal en slegs 2 persent is met die siekte besmet. Komiteevoorsitter, Jaco Mulder, loof Karan Beef vir hul vinnige optrede om belanghebbendes te waarsku […]
SA kry kommissie van ondersoek na apartheidsmisdade
President Cyril Ramaphosa het ‘n oudregter van die Konstitusionele Hof, Sisi Khampepe, aangestel om ‘n geregtelike kommissie van ondersoek te lei na vertragings met ondersoeke en vervolging van misdade uit die apartheidsera. Die kommissie sal probeer vasstel of pogings aangewend is om in te meng met ondersoeke of sake te laat ontspoor wat die Waarheids- […]
Meer as 300 verdagtes in Tshwane vasgetrek
Altesaam 328 verdagtes is gister in Sinoville en Kameeldrift in Tshwane tydens Operasie Shanela gearresteer weens verskeie misdade. Die polisiewoordvoerder, Johan van Dyk, sê die misdade sluit in geslagsgeweld, moord, poging tot moord, gewapende roof en verkragting. Hy sê 47 ongedokumenteerde buitelanders is by ʼn padblokkade in Kameeldrift aangekeer:
Owerhede soek na miniatuur-selfone in 66 Franse tronke
Owerhede in Frankryk het ‘n reuse-operasie van stapel gestuur om die gebruik van miniatuur-selfone in gevangenisse landwyd te stop, en 66 gevangenisse in die land deursoek in ‘n poging om beslag te lê op duisende sulke toestelle. Die operasie, genaamd “Prison Break”, is daarop gemik om ‘n stokkie te steek voor die gebruik van die […]
Ondersoek na Meksikaanse Vloot-skip botsing in New York
Die Amerikaanse Vervoerveiligheidsraad het ‘n ondersoek van stapel gestuur na hoe ‘n Meksikaanse Vloot-opleidingskip Saterdagaand die Brooklyn-brug getref het en twee bemanningslede dood is. Volgens die owerhede was die skip, die Cuauhtémoc, met 277 mense aan boord, op pad na Ysland, toe dit krag verloor en die kaptein nie ‘n botsing met die brug kon […]
Sersant in aanhouding na sterfte by Onhuno kontrolepunt
NamPol-woordvoerder adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi het bevestig dat ‘n polisiesersant in hegtenis geneem is na die 38-jarige Eliud Hamukwaya by die Onhuno padverkeer kontrolepunt in die Ohangwena-streek doodgeskiet is. Volgens die voorlopige verslag het die sersant laat Sondagaand ‘n vragmotor gestop en die bestuurder vir sy bestuurderslisensie en die weegbrug-dokumente gevra. Hy het net sy lisensie […]
Gautent onderbestee R1,8 miljard, UDM eis ondersoek
Die UDM in Gauteng eis ‘n onafhanklike forensiese ondersoek na die provinsiale regering se onderbesteding van sy jaarlikse begroting. Die provinsie het geld aan die Nasionale Tesourie terugbetaal nadat hy 1,8 miljard-rand onderbestee het. Andile Jabavu van die UDM sê dit is oneties en onredelik dat ‘n regering wat met openbare hulpbronne toevertrou is, nie […]
Nigel van Wyk hoor (dalk) vandag oor vervolging
Uitspraak word vandag verwag in die saak waarin Fishrot-beskuldigde Nigel van Wyk sekere aanklagte teen hom uitdaag. Uitspraak is reeds drie keer uitgestel. Van Wyk het vroeër versoek dat die hof agt van die strafregtelike aanklagte teen hom tersyde stel. Die aanklagte het betrekking tot die beweerde oortreding van die wet op die voorkoming van […]
Twee verdagtes in Noordoewer gearresteer nog nie met Namdia-roof verbind
Dit is voortydig om in hierdie stadium die inhegtenisname van twee mans in Noordoewer te verbind met die Namdia-diamantrooftog, sê NamPol adjunk-inspekteur-generaal, generaal-majoor Anna-Marie Nainda. Die 53-jarige Andreas Akwaake en 39-jarige Immanuel Iipinge is volgens die nasionale uitsaaier op 28 Maart in Noordoewer in hegtenis geneem vir die besit van 750 000 Namibiese dollar in […]