Twee verdagtes in Noordoewer gearresteer nog nie met Namdia-roof verbindApril 10, 2025
Dit is voortydig om in hierdie stadium die inhegtenisname van twee mans in Noordoewer te verbind met die Namdia-diamantrooftog, sê NamPol adjunk-inspekteur-generaal, generaal-majoor Anna-Marie Nainda. Die 53-jarige Andreas Akwaake en 39-jarige Immanuel Iipinge is volgens die nasionale uitsaaier op 28 Maart in Noordoewer in hegtenis geneem vir die besit van 750 000 Namibiese dollar in kontant. Hulle het in die Karasburg-landdroshof verskyn en borgtog is geweier. ‘n Staatsaanklaer het die inhegtenisneming met die Namdia-rooftog verbind toe ‘n voormalige sekuriteitswag in die Windhoek landdroshof aangekla is van diamantdiefstal ten tyde van die rooftog. Akwaake en Iipinge is aangekla van oortreding van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad. Die polisie-ondersoek duur voort.