Dippenaar se regspan vra vir kondonasie in appèlsaak June 6, 2025
Jandré Dippenaar se regspan sal vandag ‘n kondonasie aansoek in sy appèlsaak bring na hoofargumente nie op tyd ingedien is nie en hy verbied is om te pleit, ingevolge die reëls van die hof. ‘n Lang verklaring verduidelik die vertraging. Dippenaar wil appelleer teen sy vonnis van 15 jaar vir ‘n botsing wat hy in 2014 veroorsaak het en wat die lewens geëis het van ses mense. Hy is verlede jaar Junie skuldig bevind aan ses klagtes van moord en is in die streekshof in Swakopmund in Augustus gevonnis. Dit kom na die noodlottige ongeluk waarin ses mense in Desember 2014 naby Hentiesbaai dood is.