Nigel van Wyk hoor (dalk) vandag oor vervolging April 30, 2025

Uitspraak word vandag verwag in die saak waarin Fishrot-beskuldigde Nigel van Wyk sekere aanklagte teen hom uitdaag. Uitspraak is reeds drie keer uitgestel. Van Wyk het vroeër versoek dat die hof agt van die strafregtelike aanklagte teen hom tersyde stel. Die aanklagte het betrekking tot die beweerde oortreding van die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad en sluit in geldwassery, rampokkery, bedrog en diefstal. Van Wyk is uit op borg na hy vier jaar in aanhouding was. Die saak is nou by regter Lotta Ambunda.