Karan Beef geloof vir vinnige optrede June 6, 2025

Die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee oor landbou het sy kommer uitgespreek oor die uitbreking van bek-en-klouseer by Karan Beef se voerkraal in Heidelberg. Daar is tans 120 000 beeste by die voerkraal en slegs 2 persent is met die siekte besmet. Komiteevoorsitter, Jaco Mulder, loof Karan Beef vir hul vinnige optrede om belanghebbendes te waarsku en voorsorgmaatreëls te tref nadat die siekte opgespoor is: