VSA wil boere in Afrika help met voedselsekerheid

Die Amerikaanse departement van buitelandse sake het met ʼn nuwe program begin om boere in Afrika te help om voor te berei vir, en aan te pas by uitdagings met voedselsekerheid wat deur klimaatsveranderings veroorsaak word. Die spesiale gesant vir Globale Voedselsekerheid, Cary Fowler het by die Sentrum vir Strategiese en Internasionale Studies in Washington gesê daar is ʼn dringende behoefte om gewasse te ontwikkel wat bestand is teen die gevolge van klimaatsverandering en die landboukundige produktiwiteitseise van Afrika se groeiende bevolking. Die inisiatief is in vennootskap met die Afrika-unie en die Voedsel en Landbou-organisasie.