#StandUpSA betoog by Eskom-hoofkwartier

Die burgerlike beweging #StandUpSA betoog voor Eskom se Megawattpark-hoofkwartier in Sunninghill. Dit volg namate Eskom voortgaan om deurlopende kragonderbrekings in te stel, met die land wat tans op fase 5-beurtkrag geplaas is. Die betogers eis die kragvoorsiener moet oplossings vir die land se kragkrisis vind. Die woordvoerder, Khustaz Mtwentwe, sê sodra hulle hul eise ingedien het, sal die groep hul griewe na die Uniegebou neem.