Rugby: Evan Roos weer binnekort op die been

Rugby: Daar is goeie nuus vir die Stormers en die Springbokke oor die kniebesering van die agsteman, Evan Roos. Die 23-jarige het verlede naweek die veld verlaat tydens die Stormers se nederlaag in die Verenigde Rugbykampioenskap teen Ulster in Belfast. Daar is aanvanklik gevrees die besering is die einde van sy seisoen – in ʼn Wêreldbekerjaar. Roos het ʼn skandering ondergaan en die assistent-afrigter van die Stormers, Dawie Snyman, het bevestig hy sal betyds vir die uitspeelwedstryde van die VRK terugkeer.