Boksburg-ontploffing eis drie boetes en sussie

Drie boeties en ‘n sussie is van die minstens 15 slagoffers wat in die ontploffing van ‘n gastenkwa in Boksburg aan die Oos-Rand dood is. Die Eales-gesin wat naby die toneel woon, is in rou gedompel nadat die 16-jarige Jamel en haar drie broers, Sebastian, 13, Adrian, 12, en die tienjarige Gerrie dood is. Die Suid-Afrikaanse polisie het die bestuurder van die gastenkwa in hegtenis geneem. Die man is in ‘n private hospitaal opgespoor waar hy vir ligte beserings behandel is. Hy is in hegtenis geneem op klagte van strafbare manslag, nalatigheid wat ‘n ontploffing veroorsaak en tot die dood van talle mense gelei het, asook saakbeskadidging. Hy sal Woensdag in die landdroshof in Boksburg verskyn.