WGO: 5,8% van Namibiese bevolking is ouer as 60

Die Namibiese gesondheidsministerie het met die Wêreldgesondheids-organisasie ‘n konsultasievergadering gehou oor die Nasionale Beleid oor die Regte, Beskerming en Versorging van Ouer Persone in Namibië om die konsepbeleid te hersien en aanbevelings te maak. Die WGO skat dat 5,8 persent van die Namibië se bevolking 60 en ouer is, met minder as een persent 80 jaar en ouer. Teen 2050 sal die aantal mense van 60 jaar en ouer in die wêreldbevolking na raming toeneem van een miljard in 2019 tot 2,1 miljard. In Afrika word hierdie toename geskat op 220 miljoen vergeleke met 65 miljoen in 2018. Dit is ‘n dramatiese verskuiwing in die demografiese profiel van lande in die Afrika-streek.