Agt tienermeisies aangekla van moord op man in Toronto

Agt tiener-meisies is in Kanada aangekla van moord nadat ‘n 59-jarige man van Toronto met ʼn mes doodgesteek is. Die polisie beskryf dit as ‘n “swerm”-aanval. Die slagoffer is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem waar hy later dood het. Die agt meisies is kort ná die aanval opgespoor, in hegtenis geneem en van moord in die tweede graad aangekla. Volgens die polisiediens in Toronto is drie van die meisies 13, drie is 14 en twee is 16. Die polisie probeer nog vasstel wat tot die aanval gelei het.