SA aktrise Charlbi Dean dood aan bakteriële sepsis

Die Suid-Afrikaanse aktrise en model, Charlbi Dean is aan bakteriële sepsis dood. Die oorsaak van die 32-jarige se dood is bevestig nadat sy in Augustus onverwags in New York gesterf het. Die Amerikaanse stad se mediese ondersoeker verduidelik die sepsis is deur die afwesigheid van ‘n milt veroorsaak nadat haar milt vroeër verwyder is. Dit het meegebring dat haar liggaam nie ‘n bakteriële besmetting kon beveg nie. Dean het naam gemaak in die Spud-fliekreeks, die dramareeks Black Lightning en die satiriese swart komedie Triangle of Sadness.