Namibiese paaie is druk besig

Dit is die begin van die Namibiese feesseisoen en talle Namibiërs en buitelandse toeriste is reeds op die paaie op pad na hul verskillende bestemmings. Die Namibiese polisie is besig om streng polisiëring by padblokkades en paaie landswyd toe te pas, soos om boetes uit te reik as daar nie driehoeke in voertuie is nie. Aubrey Oosthuizen van die West Coast Safety Initiative in die Erongo-streek sê aan Kosmos 94.1 Nuus paaie na en van die kus is al reeds druk besig. Hy doen ‘n beroep op motoriste om padreëls te gehoorsaam.