Vierde liggaam van drenkeling in hoofstad gevind

Die Namibiese polisie het bevestig ‘n vierde liggaam van ‘n straatkind wat tydens die kitsvloede in Windhoek verdrink het, is gevind. Tien straatkinders wat Woensdag in ‘n tonnel agter die Game-winkelkompleks in die middedorp tydens die stortreën geskuil het, is meegesleur is. Drie liggame is sedert Donderdag gevind en uitgeken. Daar word nóg straatkinders vermis.