Beursies dalk dunner in 2023

Die jaar 2022 is gekenmerk deur een van die moeilikste ekonomiese jare, waarskynlik ‘n jaar wat almal wil vergeet. Wêreldburgers is gekonfronteer met die ergste prysstyging van op ‘n hele aantal goedere soos voedsel en brandstof. Siende dat ons die nuwe jaar ingaan, het Kosmos 94.1 Nuus aan Black Business Leaders Network se uitvoerende hoof, Elifas Simon gevra wat kan die wêreld in 2023 verwag wat die ekonomie betref.