Hokkie: SA vrouespan verloor teen Japan

Hokkie: Die Suid-Afrikaanse vrouespan het met twee-een teen Japan verloor in hulle aanvangswedstyd van die FIH-hokkienasiesbeker in Valencia in Spanje. Oikawa Shihori van Japan het die eerste doel vanuit ‘n strafhoek aangeteken waarna kaptein Quanita Bobbs, in haar 159ste toetswedstryd, vir Suid-Afrika ‘n doel behaal het. Japan het in die laaste kwart druk uitgeoefen en ‘n wendoel deur Toriyama Mai behaal. Bobbs sê hulle algehele prestasie moet vandag verbeter wanneer hulle Chili takel.