Ekonoom voorspel ru-olieprys gaan nóg daal

Die daling in die Brent ru-olieprys is geen verrassing nie. Daar was kommer in sommige oorde dat uitdagings in voorsiening in die VSA na die pyplynbars in Kansas, sowel as die verslapping van Covid-inperkings in China die prys sou opstoot. Die bekende beleggings-ekonoom in Suid-Afrika, Dawie Klopper, sê die 60 Amerikaanse dollar prysperk wat die EU op Russiese verskeepte olie geplaas het dwing die prys af, en hy verwag dalk nog verdere verlagings.