Groot viering op Menseregtedag by FNCC

Menseregtedag word elke jaar op 10 Desember gevier. Die Franco-Namibiese Kultuursentrum bied onderskeidelik Donderdag en Vrydag ’n liefdadigheidskonserte aan met die musikant Elemotho en die bekende Oyo-dansgroep. Elemotho is ‘n Namibiese kunstenaar wat tans in Lesotho woon. Hy is ‘n wêreldbekende, bekroonde musikant wat saam met sy orkes, The Modern Nomads, sal optree. Die tema vir die liefdadigheidskonsert is ‘Music is Meditation’. Fabienne Conradie kultuurkommunikasiebeampte van die sentrum gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die program.