Portugal en Engeland skop die meeste sokkerdoele

Sokker: Portugal en Engeland is die twee spanne met die meeste doele na die ronde van 16 op die Wêreldbekertoernooi in Katar, naamlik 12 doele elk. Die kwarteindstryde begin Vrydag, met Kroasië teen Brasilië en Nederland wat Argentinië aandurf. Saterdag speel Portugal teen Marokko en Engeland kom teen die verdedigende kampioen, Frankryk, te staan. Die Engelse middelveldspeler, Jack Grealish, besef dit gaan nie maklik wees nie.