Ekonomiese groei sal volgende jaar verlangsaam

Die Bank of Namibië het die ekonomiese vooruitsigte vir Desember bekend gemaak. Die sentrale bank sê Namibië se BBP-groei na verwagting in 2022 sal verbeter voordat dit in 2023 modereer. Reële BBP-groei sal na raming toeneem tot 3,9 persent in 2022 voordat dit effens modereer tot 2,7 persent in 2023, dieselfde as wat in 2021 geregistreer is. Die beraamde groei vir 2022 verteenwoordig ‘n 0,7 persentasiepunt se opwaartse hersiening vanaf die Augustus vooruitsigte. Dit is te wyte aan die primêre sektor, veral die diamant bedryf. Vervaardiging sal volgende jaar wel groei maar, die groei sal gering wees. Gabriel Erastus, ‘n plaaslike ekonoom, het sy reaksie so verwoord.

Hy sê oor die algemeen lyk ekonomiese vooruitsigte maar power.