ANC NUK stem teen Phala Phala-verslag

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee stem teen die aanvaarding van die Phala Phala-verslag, omdat dit deur President Cyril Ramaphosa betwis word. Die ANC sal nie môre daardie verslag ondersteun nie, sê die tesourier-generaal Paul Mashatile. Hy sê dit is in die beste belang van die ANC en die land dat Ramaphosa met sy pligte as President voortgaan. Die NUK het egter besluit sou Ramaphosa skuldig bevind word, hy die gevolge sal moet dra.