Global Citizen wil Afrikane bystaan met krag

Die internasionale voorspraak-organisasie, Global Citizen, wil later vanjaar ʼn ekonomiese beraad in Ivoorkus aanbied as deel van sy poging om energie-armoede in Afrika te verlig. Dit sal in samewerking met die Wêreldbank se Internasionale Ontwikkelingsvereniging gehou word. Die beraad ondersteun die Wêreldbank se pogings om lewensomstandighede te verbeter en maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling in 75 lae-inkomstelande te ondersteun. Dit wil teen 2030 250-miljoen mense uit energie-armoede lig. Ongeveer die helfte van Afrika se bevolking het nie toegang tot elektrisiteit nie.