Ace se assistent sit in VSA-tronk, owerhede sê sy moet uitgelewer word

Die Amerikaanse prokureur, Erek Barron, het die Maryland-distrikshof gevra om Suid-Afrika se versoek toe te staan dat die ANC se gewese sekretaris-generaal, Ace Magashule, se voormalige persoonlike assistent uitgelewer word. Moroadi Cholota is tans in ʼn Amerikaanse tronk. Sy word saam met Magashule en 17 ander aangekla van korrupsie in verband met die mislukte Vrystaatse asbesprojek van 255 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Barron sê Suid-Afrikaanse owerhede het bewys gelewer van Cholota se betrokkenheid by bedrog en korrupsie en daarom moet die hof die uitleweringsaansoek toestaan.