SA gaan nie vliegtuigkaartjies uit China betaal

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking sê daar moenie van hom verwag word om die vliegkaartjies te betaal van Suid-Afrikaners wat van China af wil terugkeer nie. Die Suid-Afrikaners beweer hulle het aan geestesgesondheids-uitdagings en inkomsteverliese gely te midde van die voortgesette inperkings. Clayson Monyela van die departement sê hulle kan slegs nie-finansiële konsulêre bystand aan Suid-Afrikaners in die buiteland bied. Hy voeg by dat geen regering ter wêreld ooit ‘n begroting sal hê om vliegtuigkaartjies te koop vir burgers wat hulself in noodsituasies in die buiteland bevind nie.