Omusati-goewerneur sê dinge is bedrywig, dis ploeg- en vakansietyd

Daar word verwag dat die groot uittog Noorde toe binnekort sal begin. Duisende Namibiërs reis na die Noorde om feestyd met hul families deur te bring. En daarmee saam gaan talle geleenthede vir die gebied se ekonomie maar ook uitdagings. Die goewerneur van Omusati, Erginus Endjala sê dinge is baie bedrywig omdat boere ook ploeg.

Endjala sê die uitdagings met Angolese vlugtelinge is verby en dinge is terug na normaal.