Stappe teen korrupsie kry momentum – Cyril

President Cyril Ramaphosa sê die stryd teen staatskaping en korrupsie kry momentum in die buurland. In sy weeklikse nuusbrief loof hy die Nasionale Vervolgingsgesag se ondersoekdirektoraat vir die afhandeling van ‘n belangrike ooreenkoms met die Switserse ingenieursmaatskappy, ABB Limited, om strafvergoeding van 2,5 miljard Suid-Afrikaanse rand aan Suid-Afrika te betaal. Dit hou verband met gunslone wat na bewering tussen 2014 en 2017 betaal is om Eskom-kontrakte te kry. Ramaphosa sê die regering het hard gewerk om die plundering van staatshulpbronne te beëindig tot voordeel van landsburgers, en ook om die skuldiges aanspreeklik te hou en gesteelde fondse terug te kry.