New York soek ‘n rotvanger

New York, die stad met die grootste bevolking in Amerika, gaan ‘n direkteur vir knaagdierbeheer aanstel. Die nuwe pos vereis iemand met ‘n windmaker-houding en ‘n moorddadige instink. Die pos in New York is deel van die stad se pogings om die ontploffing in die rotte-bevolking sedert die begin van die Covid-pandemie hok te slaan. Rotwaarnemings op straat, in moltreinstasies en selfs in huise, het die afgelope twee jaar met 70 persent toegeneem. Die burgemeester van New York, Eric Adams, sê daar is niks wat hy so haat soos rotte nie.