Voëlgriep eis sowat 14 000 voëls in Peru

Die Peruviaanse Nasionale Landbou-gesondheidsdiens sê ongeveer 14 000 pelikane, blouvoet-boebies en ander seevoëls het gevrek weens die hoogs aansteeklike voëlgriepvirus. Die huidige uitbreking het in Kanada begin en na die Verenigde State versprei, wat ‘n rekord van 50 miljoen voëlvrektes aangeteken het. Die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie het vroeër vanjaar lande in Suid- en Sentraal-Amerika gewaarsku om uiters waaksaam te wees vir die verspreiding van die virus deur middel van trekvoëls. Daar is geen behandeling vir voëlgriep nie.