SA breek vandag rekord vir 34 dae van deurlopende beurtkrag

Suid-Afrika bereik vandag ‘n nuwe rekord vir deurlopende beurtkrag. Dit is die 34ste agtereenvolgende dag met kragonderbrekings en oortref die vorige rekord van 33 dae tussen September en Oktober. Dit bring die totale aantal dae met beurtkrag dié jaar te staan op 176. Eskom het Vrydag die deurlopende instelling van fase-2-beurtkrag tot verdere kennisgewing aangekondig. Die woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê dit is weens ses opwekkingseenhede wat onklaar is, en die vertraging van ander eenhede se herverbinding met die netwerk.