Vaardighede in olie- en gassektor onder die loep

Die Namibiese olie- en gassektor is die onderwerp van bespreking die afgelope jare, maar die vraag is of Namibië die vaardighede en kundige mense-kapitaal om aan die olie- en gasbedryf deel te neem. Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, Nust, bied vanmiddag om vyf-uur ‘n openbare lesing oor die olie- en gasbedryf in Namibië aan waartydens vaardighede en menslike kapitaal wat vir die olie- en gasbedryf benodig word, bespreek sal word. Hierdie openbare lesing sal fokus op die behoefte aan vaardigheidsbou, heropbou en opgradering vir die olie- en gassektor Ndapewoshali Shapwanale, ReconAfrica se direkteur vir kommunikasie, sê aan Kosmos 94.1 Nuus ReconAfrica het sy deel gedoen in sy rol om ongeskoolde Namibiërs opleiding in die olie- en gassektor te verskaf.