SAKP ontstoke oor parool vir Waluś 

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party het die Konstitusionele Hof se uitspraak dat Chris Hani se moordenaar op parool vrygelaat word as sieklik beskryf. Janusz Waluś het die SAKP-leier op die tiende April in 1993 buite sy huis in Boksburg doodgeskiet. Hoofregter Raymond Zondo het gister in sy uitspraak gesê hy hou die feit ingedagte dat Waluś  meer as 25 jaar van sy lewenslange vonnis uitgedien het. Hy moet binne tien dae op parool vrygelaat word. Die SAKP sê dié uitspraak het verreikende implikasies.