DA eis ondersoek na Noord-Kaapse rioolstelsels

Die DA in die Noord-Kaap sê die rioolvuil teen huise in Petrusstraat in New Hillcrest, Kimberley, is die jongste bewys van hoe die munisipale infrastruktuur in Sol Plaatje ineenstort. Fase Een van die rioollyn-opgradering by Carters Glen is reeds twee jaar onvoltooid. Chris Whittaker van die DA sê kontrakteurs wat aan die lynopgradering werk, het onlangs aan die terrein onttrek, wat die indruk skep die projek is afgehandel. Hy sê die pompstasies by Petrusstraat en Carters Glen ondervind egter steeds probleme: