Steenhuisen waarsku oor onrus na Zuma se mediese parool onwettig verklaar is

Die DA-leier John Steenhuisen waarsku teen enige vorm van onrus ná die Appèlhof-beslissing in oudpresident Jacob Zuma se mediese paroolsaak. Die hof het ‘n vroeëre beslissing van die Hooggeregshof in Pretoria gehandhaaf dat die voormalige kommissaris van Korrektiewe Dienste, Arthur Fraser, nie by magte was om mediese parool aan Zuma toe te staan nie, en dat hy moet terugkeer na die tronk in Estcourt, KwaZulu-Natal. Steenhuisen sê die hof se beslissing is geregverdig: