Groot COP19-oorwinning vir Nam oor witrenosters

Namibië en Botswana het by die COP19 Cites-beraad in Panamastad in Panama daarin geslaag dat een van hul belangrikste voorstelle oor witrenosters goedgekeur word. Namibië het saam met Botswana ‘n voorstel ingedien dat die suidelike witrenoster vanaf Appendiks I na Appendiks II verskuif word om die internasionale handel in lewende witrenosters toe te laat vir slegs bewaringsdoeleindes en jagtrofeë. Afgevaardigdes by die Cites-beraad het egter beklemtoon dat die handel in witrenosters streng gereguleer moet word. Die COP19 Cites-beraad duur nog tot Vrydag.