Dodetal in Indonesiese aarbewing styg tot 162

Die dodetal na ‘n vlak aardbewing met ‘n omvang van 5,6 op die hoof Indonesiese eiland Java, het tot minstens 162 gestyg met talle beseerdes. Die skudding kon ook in die hoofstad Jakarta gevoel word, waar mense uit hoë geboue ontruim is. Meer as 13 000 mense is deur die ramp dakloos gelaat. Volgens internasionale media is die gebied waar die aardbewing voorgekom het, digbevolk en geneig tot grondverskuiwings, met swak geboude huise wat op baie plekke in puin gelê is.