Skoolhoof steeds op pos, ongeag aanrandingklag

Die Otjiwarongo-skoolhoof wat aangekla word van die aanranding van die 13-jarige graad 5 kind, is steeds op haar pos. Die Otjozondjupa-streek se direkteur van onderwys, Josephine Mutenda het aan plaaslike media bevestig dat Pandera Tjituka steeds werksaam is en dat dit so sal bly tot die uitkoms van haar saak. Sy is op 30 September vanjaar gearresteer na die kind se ouer ‘n klag van aanranding by die polisie gemaak het. Sy het volgens wat berig word, die kind op 22 Augustus vanjaar geslaan. Tjituka is vry op borg van 4 000 Namibiese dollar en sal weer op 30 November verskyn.