Phala Phala: Ek het geen eed verbreek nie, sê Cyril

Die Presidensie sê President Cyril Ramaphosa hou vol hy het nie sy eed op enige manier geskend nie en ontken alle bewerings teen hom in verband met die Phala Phala-sage. Die Nasionale Vergadering se speaker, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het die sperdatum vir die verslag deur die onafhanklike paneel kenners wat die diefstal op die president se plaas in Limpopo ondersoek, tot volgende Woensdag uitgestel. Die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa respekteer die Grondwet en die oppergesag van die reg: