Daar kan geen hervorming wees binne ‘n koalisie met die ANC nie

ActionSA sê daar bestaan geen verdere twyfel dat die DA beplan om die ANC te help met die meerderheid wat dit in 2024 sal kort nie, aangesien ‘n misleidende idee van hervorming van binne af bestaan. Die provinsiale leier van die DA in Gauteng, Solly Msimanga, het tydens ‘n paneelbespreking gesê sy ondersteuners het in ‘n meningspeiling gesê hulle wil hê die DA moet in koalisie met die ANC werk. ‘n Woordvoerder van ActionSA, Michael Beaumont sê die idee dat hervorming vanuit ‘n koalisie met die ANC kan kom, is absurd: