Giwusa verwerp SA afvaardiging by COP27

Die vakbond, Giwusa, verwerp die afvaardiging wat Suid-Afrika op die COP27-beraad in Sharm El-Sheikh, Egipte, verteenwoordig. Volgens hulle verteenwoordig President Cyril Ramaphosa se afvaardiging korporatiewe klimaatbesoedelaars en nie arm Suid-Afrikaners en die werkersklas nie. Die president van Giwusa, Mametlwe Sebei, eis die regering se deelname aan COP moet summier beëindig word, want dis ‘n bedrieglike konvensie wat ontwerp is om die publiek te mislei.