AfriForum staan by standpunt oor moedertaalonderrig in Afrikaans 

AfriForum staan by hulle standpunt dat die voorgestelde veranderings aan die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette ongrondwetlik is en die toekoms van moedertaalonderrig in Afrikaans ernstig bedreig. Die burgerregte-organisasie doen môre ‘n mondelinge voorlegging oor die BELA-wetsontwerp aan die parlement se portefeuljekomitee oor basiese onderwys. Volgens ʼn woordvoerder, Alana Baily, is dit aanvullend tot die uitvoerige kommentaar wat in Junie aan die komitee voorgelê is.